Riool chaos het geen einde (Fotos en Video – Jannie du Plessis)

VEREENIGING. – Dit is nou werklik ‘n uitgemaakte saak dat Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit die Gesondheid en Veiligheid Wet no.88 van 1993 net van toepassing hou op die publiek en dat dit geen ernstige saak vir hulself is nie.

Vaalweekblad het op 15 Februarie berig oor die riool-chaos by die Vaal skougronde en die week is die chaos dubbel en dwars terug met riool wat by sekere punte net uitstroom en hoofsaaklik toegeskryf kan word aan die krag wat gereeld af is en infrastruktuur wat so oud is soos die berge self. Gebruikers en besighede rondom die fasiliteit, wat eens een van Vereeniging se spog aantreklikhede was, is nou letterlik in $#@&% gedompel. Verlede naweek moes wedrenne op die hoofbaan van die gronde gestop word nadat die krag afgegaan het. Riool het orals uitgesyfer en besoekers was nie genoeë met die klank wat in die lug gehang het nie.

Buiten dit stort hierdie riool in die aangrensende waterkanaal wat reguit onder die Barragepad na die Vaalrivier vloei. Volgens gebruikers van die fasiliteit is munisipaliteit alte gretig om belastings en kragrekenings te in, maar as dit kom by die aanwending van die fondse is daar ‘n soort van ‘traak my nie agtige houding’ aan die kant van die munisipaliteit. “Sedert 1994 het ons land in chaos verval met paaie wat erger lyk as die van ons buurstate, Verkeersligte, besighede en noodsaaklike dienste ly onder al die kragonderbrekings. Infrastrukture is nie vervang en ou pype en ander is uitgedien en gee daagliks probleme. Onderwys- en gesondheidsdienste het verval en bedrog, diefstal en korrupsie is aan die orde van die dag in die nasionale-, provinsiale- en plaaslike regerings,” sê een van die persone waarmee Vaalweekblad ‘n onderhoud gehad het en wat verkies om anoniem te bly.

“Die feit bly staan dat finansies, onkunde en die gebrek aan opgeleide personeel die land in verval bring. Ons land het lankal rommelstatus bereik, net nie op papier nie,” sê een van die omstaanders.

FOTOS EN VIDEO – JANNIE DU PLESSIS

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top