ER24 neem sterwende seuntjie aan (Video- Jannie du Plessis)

VANDERBIJLPARK. – Wat sê ‘n mens vir ouers wat hulle kind moet groet en binne die volgende drie weke aan die dood moet afstaan?  As vriende, familie en vreemdelinge kan ‘n mens net vir hulle bid, hul moed inpraat en finansieël ondersteun.

ER24 het presies dit gedoen toe daar ‘n noodroep uitgaan om die Groblergesin in dié tyd by te staan. Ruan Grobler (5), word op 26 Maart  6 jaar oud en vir sy ouers, ma Christine en pa Paul is dit ‘n hartseer paar weke wat voorlê, aangesien die dokters hulle minder as ‘n maand gegee het om hul laaste tydjie saam met hom deur te bring.

Ruan veg reeds die afgelope drie jaar teen nierkanker. Sy been is ‘n maand gelede geamputeer om die aggressiewe soort kanker te probeer stop. Ongelukkig het dit nie gewerk nie en dokters by die Life Vincent Pallotti Hospitaal in Kaapstad het verlede week bevestig dat die kanker na albei sy longe, rugstring en maag versprei het. Dokters het hom huis toe gestuur om sy laaste dae saam met sy gesin deur te bring.

Ruan se ma was op soek na ‘n monitor om hom te monitor deur die aand vir waneer sy die suurstof moet op of afstel. John Ramcharan, areabestuurder en sy span engele van ER24 het nie geskroom om te help nie en Ruan is aangeneem en het deel geword van die ER24 span. Hulle is 24 uur op bystand vir enige probleem wat Ruan se ouers mag ondervind. ER24 het ook op 15 Maart suurstof en ander toerusting by hulle huis aan die ouers oorhandig om sy laaste paar dae vir Ruan en sy ouers makliker te maak. Met Vaalweekblad se besoek saam met ER24, kon mens duidelik sien dat klein Ruan baie ongemaklik is en hoewel hy onder sterk medikasie en morfien is, kan mens aan sy gesiggie sien dat hy baie pyn het.

Ruan is ook gerigstreer  by “Cupcakes for kids with cancer” en Rochelle Crause, hoof van die die Nasionale Cupcake Dag was soos altyd, ook teenwoordig en bied ondersteuning aan die Grobler gesin.

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG OOR RUAN SE STRYD IN VAALWEEKBLAD VAN 22 MAART.

 

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top