Familie van vyf vasgebind en met messe gesteek

Die polisie vermoed dat die drie aanvallers ‘n geruime tyd in die huis besig was voor die polisie omstreeks middernag deur die buurvrou geskakel is.

Een vrou is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal, terwyl nog ‘n man en vrou onderskeidelik ernstige en ligte beserings opgedoen het.

Die twee vroue wat dood is, was volgens inligting susters.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het paramedici omstreeks 00:46 op die toneel in Miasstraat aankom waar hulle die familie van vyf aangetref waar hulle vasgebind en met messe gesteekĀ is.

Die booswigte het met televisies, elektroniese toerusting en die familie se voertuig op vlug geslaan. Die motor is egter deur die opsporingsmaatskappy in Yeoville gekry.

Die polsie ondersoek ‘n saak van moord en huisroof.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top