Vrees verander in vreugde tydens swem gala

SASOLBURG. – Lumierè Primêr het in Februarie hul jaarlikse swem gala by die Penny Heyns swembad op die dorp gehou. Vir meeste van die kinders is dit ‘n baie spesiale dag want hulle kry die kans om in ‘n swembad te karjakker. Vir die onderwysers is dit egter ‘n bietjie harder werk op die dag aangesien hulle meeste van die kinders ‘n handjie moet gee tydens hulle swem items. Wat wel wonderlik was om te sien is hoe van die kindertjies se vrees vir die water verdwyn en in uitermatige vreugde oorskakel as hul weet hul is in die onderwysers se veilige hande.

 

  AUTHOR
Schalk le Roux
Journalist and photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top