Ons land se damme word by die minuut voller…

Die Gariepdam se watervlak vanoggend (4-3-2017) - amper vol!

Retha Fitchat

Eduan Joubert het vanoggend (4-3-2017) dié foto van die Gariepdam op Reënval SA se Facebook geplaas om te wys hoe naby die dam van vol af is. Nog net ‘n klein rukkie dan loop hy oor! Vir almal van ons in die Vaaldriehoek wat so lief is vir ons eie Vaaldam sal dit beslis lekker wees om te sien.

Die Gariepdam, wat tussen Bloemfontein en Colesberg is, was vroeër bekend as die Hendrik Verwoerddam. Dit is die grootste dam in Suid-Afrika met ‘n oppervlak van meer as 374 vierkante kilometer wanneer vol. Die bakmaat word op 5 340 600 miljoen m3 geskat. Die dam vorm die beginpunt van die Oranjerivierprojek wat die verspreiding van water na die Groot-Visrivier en Sondagsrivier behels.

 

Volgens Wikipedia is Gariep ‘n San/Nama woord wat Groot water/Groot rivier beteken. Die Oranjerivier word ook na verwys as die Gij Gariep en daarom Gariepdam.

Die damwal is ongeveer 88 meter hoog en 914 meter lank. Die damwal is van beton gebou en bevat ongeveer 1,73 miljoen m³ daarvan. Die damwal se ontwerp is ‘n kombinasie van ‘n gravitasie- en boogdam. Die dam het ses kruinsluise, drie aan elke kant. By die damwal word hidroëlektrisiteit opgewek deur vier generators, elk met ‘n vermoë van 90 MW. Water wat deur die generators gebruik word, vloei verder af in die Oranjerivier na die Vanderkloofdam..
Riviere en spruite wat die dam voed:
Oranjerivier
Caledonrivier
Brakspruit
Broekspruit
Oudagspruit
Palmietspruit
Slykspruit

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top