Sasolburg ‘begrilplaas’ gaan groen

SASOLBURG. – Vir die skamele bedrag van sowat R1 322 kan jy vir jou ‘n spasie koop in Sasolburg se nuwe ‘groen’ begraafplaas.
Sasolburgers was die afgelope tyd aktief besig op sosiale media en heelwat inwoners het die koerant ook gekontak oor die toestand van die begraafplaas in die dorp. Afgesien van die gras en onkruid wat heuphoogte staan, sak die grafte in en lê daar rommel rond. Dit het onlangs wel taamlik gereën wat die groei van die gras en bossies aangehelp het, maar in vergelyking met begraafplase in ander dorpe wat net soveel reën gekry het, lyk hierdie een bitter sleg. Die begraafplaas in Heilbron byvoorbeeld het ook ‘n paar bossies bygekry na die reën, maar die gras is wel netjies en die paaie tussen die grafte mooi oop. Daar kan mens by jou geliefde se graf uitkom, waar in Sasolburg se begraafplaas, jy presies moet weet waar die grafsteen is en dan in ‘n oorpak met ‘n panga jou pad tot daarheen moet oopkap. Benewens die oogseer, is mense wat hul geliefdes se grafte wil besoek, ook bang vir hul veiligheid, nie net vir skelms wat in die lang gras kan wegkruip nie, maar ook vir slange en ander ongediertes, aangesien dit nog somer is en slange op hul aktiefste is. ‘n ‘Post’ op Facebook oor die stand van sake in die begraafplaas is op 29 Januarie geplaas en het heelwat reaksie ontlok, maar ‘n week later was daar steeds niks aan die saak gedoen nie.

  AUTHOR
Schalk le Roux
Journalist and photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top