Dit is presies die probleem waarmee inwoners van Drie Riviere-Oos/proper nou sit na een van die huise, volgens inligting, in student-akkomodasie verander gaan word.
Sowat 20 studente het gister hul verskyning by die huis op die hoek van Suikerbos- en Whareerylaan met hul matrasse gemaak en daar is glo plek vir nog.
Inwoners van die buurt, asook die DA-raadslid van Drie Riviere, Dalene Venter, het vinnig aan die werk gespring om die ‘nuwe ontwikkeling’ halt te roep.
‘n Vergadering word vanmiddag  om 17:00 gehou om die saak te ondersoek en verdere stappe daarteen te neem.

Die bus wat die studente afgelaai het.