Dié week in die nuus

Retha Fitchat

* ‘n Vrou wat in die Vanderbijlparkse landdroshof teregstaan in verband met verlede week se moord op mnr. Gerhard Erasmus, word op borgtog van R1000 vrygelaat – en toe wag daar ‘n groot skok op haar by haar huis…

* There’s tears of joy AND sorrow in Metsimaholo (Sasolburg’s) by-election

* Wat gaan aan by Vaaldriehoekse kuierplekke vir jongmense? Daar is skielik verskeie ernstige aanrandings op jong mans. Hierdie week berig ons oor ‘n aanranding in Vereeniging – verlede week was dit Vanderbijlpark se beurt

* Die Hoërskool Vereeniging Gimnasium kry ‘n nuwe hoof

*  ArcelorMittal announces its financial results for the year that ended 31 December 2016. There is some bad news… but lots of good news as well!

* Weet jy dat mens laeveldvrugte in die Vaaldriehoek kan kweek? ‘n Plaaslike egpaar eet heerlike mango’s van hul eie boom in Vanderbijlpark!

* Skryf gou in vir Vaalweekblad se maklike wedstryd om kaartjies na Steve Hofmeyr se optrede in Sasolburg te wen

  • Onthou om deel te neem aan Vaalweekblad se werksoekers- of maatsrubriek as jy werk soek of eensaam is, en lees gerus die interessante en soms skreeusnaakse menings van lesers in die SMS-rubriek

SPORT:
Skole-atletiek: Lekker aksiefoto’s!

* Sportgeesdriftiges kan voortaan elke Vrydagmiddag om 12:00 gereed maak vir ‘n groot bederf. Vir die volgende 14 weke gaan IFM 102.2 in samewerking President Hyper ‘n sportgeselsprogram aanbied waar luisteraars die kans staan om groot pryse te wen. Van grootskerm televisies tot mikrogolfoonde is op die spel. Dave Hammond, die stasiebestuurder van IFM en Jorge de Sousa van President Hyper, gaan plaaslike-, nasionale- en internasionale sportgebeure bespreek. Skakel gerus van 12:00 tot 12:30 in, spits jou ore en staan ‘n kans om ‘n groot prys te wen.

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top