Dié week in die nuus

Vaalweekblad-voorblad: 11 Januarie 2017
Vaalweekblad-voorblad: 11 Januarie 2017

Vaalweekblad se eerste uitgawe van die nuwe jaar is op straat, en hier is ‘n opsomming van wat jy kan lees:

* ‘n Sasolburgse tweeling oes gesamentlik 16 onderskeidings in die afgelope matriekeksamen in! Vaalweekblad publiseer op 25 Januarie ‘n volledige bylae oor die presteerders. As jy vier of meer onderskeidings gekry het en een van ons verslaggewers nog nie met jou kontak gemaak het nie, stuur ‘n e-pos aan rfichat@media24.com

* Inwoners van SE2, Vanderbijlpark, was goed omgekrap toe duisende besoekers gedurende die afgelope feesdae by Phoenix Park kom uitspan het. Die inwoners het nie beswaar gemaak dat die besoekers kom piekniek maak het nie,  maar die gedrag van sommige besoekers, sowel as die chaos waarin die park agtergelaat is, het inwoners se bloed laat kook. Lees wat sê DA-raadslid Phillip Nothnagel oor dié gebeure en die pad vorentoe

* ‘n Motoris sterf op Kersdag op die R59…. en ander motoriste kom stroop die wrak vir onderdele voordat dit weggesleep kon word! Ai!

* Twee seuns van Midvaal sterf nadat hulle gedurende die Feestyd in swembaddens geval het. Die seun van ‘n oud-predikant van die Vaaldriehoek verdrink ook in die see toe hy sy dogter uit ‘n seestroom probeer red het

* Wat het geword van die verlore Collie-hond en Labrador wat ons Facebook-lesers so geïnteresseer het in die laaste dae van die ou jaar? Almal het gewonder, en ja….. die tefie WAS toe dragtig…..

* Vaalweekblad kondig hierdie week die oulikste matrikulant in ons Matriekafskeidwedstryd aan! Die top 30 deelnemers wen pryse!

* SPORT: Operasie Regruk is op koers vir die NWU Vaal!

* Oujaarswedloop 2016 – kyk na die foto-collage.

 

 

 

 

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top