Vaalweekblad se Sport-Sterre van 2016

Die wenners van vanjaar se Vaalweekblad Sportster van Jaar-kompetisie is voor van links: Zian de Jager (HS seuns), Heinrich Cloete (LS seuns), Mannetjies Roux, Marli Dimond (LS dogters) en Nicole Louw (HS dogters). Agter: Ettienne van Rensburg (sportredakteur, Vaalweekblad) en Thys Foord (senior bestuurder, MooiVaal Media). Foto’s: Magdel van Rensburg

Ettienne van Rensburg – Sportredakteur
VANDERBIJLPARK. – Die finaliste, ouers en eregaste van Vaalweekblad se Sportster van die Jaar-kompetisie het onlangs  by Stonehaven-on-Vaal skouers met Mannetjies Roux, een van die beste spelers wat Springbokrugby nog opgelewer het, skouers geskuur.

Vaalweekblad begin sommer vroeg-vroeg in 2017 met die insameling van inligting vir die nuwe jaar se Sport-Ster wedstryd. Skoolgaande atlete, hul afrigters, onderwysers en ouers kan gerus Vaalweekblad se sportblaaie dophou vir meer inligting oor die nominering van Vaaldriehoekse atlete vir dié jaarlikse prestige toekennings.

Laerskool Risiville het vanjaar goeie verteenwoordiging by Vaalweekblad se Sportster van die Jaar-funksie geniet. Diego da Silva, Heinrich Cloete en Marli Dimond was almal finaliste en die laasgenoemde twee het as hoofkategorie-wenners uit die stryd getree. Saam met hulle Mannetjies Roux en skoolhoof, Frik Pieterse.

MooiVaal Media se personeel het nie die kans deur hulle vingers laat glip om saam met Mannetjies Roux afgeneem te word nie. Voor is Ettienne van Rensburg (sportredakteur, Vaalweekblad) en Mannetjies Roux. Agter van links: Wouter Pienaar (joernalis, Potchefstroom Herald), Hennie Stander (redakteur, Potchefstroom Herald) en Thys Foord (senior bestuurder, MooiVaal Media).

Verona Goslett het die sportsterre en gaste met ’n puik vertoning vermaak.

Die sangeres Verona Goslett het die sportsterre en gaste met ’n puik vertoning vermaak.

  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top